Verstopte dreine, lekkende dakke, stukkende lugversorging en te min matrasse – Dis maar van die uitdagings by die Bophelong psigiatriese hospitaal naby Mahikeng wat in 2016 oopgemaak het en waaraan sowat R450 miljoen reeds bestee is.
Dr. Job Mokgoro, Noordwes se premier, was ná ’n besoek verlede Woensdag aan die hospitaal “geskok” oor die omstandighede daar, het sy woordvoerder, Vuyisele Ngesi, gesê. Die premier is veral bekommerd dat die nie-nakoming van aanvaarbare standaarde en norme onvermydelik sal lei tot die uitbreek van siektes omdat infeksiebeheer nie behoorlik toegepas word nie.
“Personeel se moraal en pasiënte se regte word benadeel omdat die personeel op infrastruktuur-uitdagings fokus pleks van al hul aandag aan die pasiënte te gee,” sê Mokgoro.
Nóg probleme by die hospitaal sluit in dat die wassery glad nie funksioneer nie weens gebrekkige infrastruktuur. Daar is ook nie warm water nie omdat die sonkrag- en w
Continue reading…