Dié aankondiging is gedoen ’n week nadat die departement gesê het hy gaan nie vanjaar 216 van sy pas gekwalifiseerde verpleërs aanstel nie.
Lesemang Matuka, woordvoerder van die departement, sê hoewel die departement die verpleërs moet aanstel nadat hy die koste van hul studie die afgelope vier jaar gedra het, verhinder die begrotingstekort hom soms om hulle aan te stel.
Matuka sê staatshospitale is opdrag gegee dat die verpleërs in vakante en gefinansierde poste aangestel moet word.
Die ander opsie om die betrokke verpleërs aan te moedig om aansoek te doen om poste in die privaat sektor.
Jack Bloom, DA-woordvoerder oor gesondheid in Gauteng, sê hy verwelkom die departement se besluit, maar hoop dat dit vir al die verpleërs sal geld en dat niemand sonder werk sal sit nie.
Hy sê die departement het ’n databasis van al dié verpleërs en hulle sal gekontak word sodra daar vakante poste is en hulle nog nie in die privaa
Continue reading…