Joshua na die Reën boei luisteraars met sy unieke musiekstyl en strelende stem en sy nuutste album, Die Wêreld Binne My, bewys weereens waarom aanhangers so gaande is oor sy musiek.
“Vir ons as mense is dit altyd so maklik om weg te hardloop vanaf die moeilike dinge in ons lewens, maar as mens bereid is om die moeilike dinge in die gesig te staar en deur te werk (in verhoudings of in wie jy is in jouself) dan kan mens aan die anderkant uitstap met iets wat jy geleer het en karakter wat gebou is, maar as jy weghardloop van dit af gaan dit jou net weer en weer inhaal.”
Die video is vervaardig deur Jean de Villiers van Daville en geskiet in Hogsback in die Oos-Kaap.
Die Wêreld Binne My bestaan uit sestien oorspronklike introspektiewe snitte, waarvan die lirieke almal al meer as ’n jaar voor uitreiking reeds voltooi is, maar met tyd gegroei en ontwikkel het tot volwaardige treffers wat lewens kan verander.
Die Wêreld Binne My kan reeds op Joshua na die Reën se webblad bestel word en daar is ook ’n lys van winkels op die webwerf waar belangstellendes kan sien watter winkels die CD aanhou.
Luister hier na die musiekvideo:-