Lyk verdwyn, koelkamers stukkend in die Mthatha-patologie-laboratorium in die Oos-Kaap – Hoe de joos, verdwyn ’n lyk in die lykshuis?

’n Vermiste lyk, stukkende koelkamers waarin lyke gehou word en personeel wat glo op grond van hul politieke affiliasie aangestel word – dis hoe dinge glo in die Mthatha-patologie-laboratorium in die Oos-Kaap lyk.

Jane Cowley, DA-woordvoerder oor gesondheid in die Oos-Kaap, sê die lyk van ’n jong man het in Januarie spoorloos uit die lykshuis verdwyn en is sedertdien steeds weg.

Na verneem word, is hy in Januarie vermoor, waarna sy gesin sy lyk na die laboratorium vir ’n lykskouing geneem het. Maar die dag toe die gesin die uitslae wou gaan afhaal, het hulle glo met skok verneem dat sy lyk vermis word en dat die lykskouing nooit gedoen is nie.

Ander personeellede is ook hoogs gefrustreerd aangesien aansienlike bedrae weens oortydwerk aan hulle verskuldig is.

“Dit is absoluut verskriklik om te dink dat ’n lyk uit ’n lykshuis kan wegraak,” sê Cowley.

Die polisie het blykbaar nog geen vordering gemaak om die lyk op te spoor nie, sê sy.

Kapt. Dineo Koena, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê sy sukkel om die ondersoekbeampte in die saak in die hande te kry en kon dus nie onmiddellik kommentaar lewer nie.

Dit blyk dat die koelkamers en yskaste in die laboratorium glo ook gedurende die feestyd gebreek het terwyl die diensverskaffer met vakansie was. Geen alternatiewe reëlings is getref nie.

“Meer as 200 lyke was na bewering op die vloer van die koelkamer opgestapel.

“Stel jou voor die seer en bykomende trauma wanneer ’n familielid die lyk van hul geliefde op ’n vloer in die koelkamer aantref. Of as jy glad nie die lyk van jou geliefde kan vind nie, en hom dus nie die waardige begrafnisdiens kan gee wat elke mens toekom nie.”

Na bewering is die swak bestuur van die laboratorium te wyte daaraan dat senior en middelvlakbestuurders nie vanweë hul geskiktheid en kwalifikasies nie maar op grond van hul politieke affiliasie aangestel word.

’n Span van hoofkantoor is ook na die fasiliteit gestuur om die situasie te verbeter.

“Ander personeellede is ook hoogs gefrustreerd aangesien aansienlike bedrae weens oortydwerk aan hulle verskuldig is. Sommiges daarvan is so lank terug as die 2016-’17-boekjaar, maar die bestuur gee nie aandag daaraan nie.”

Cowley het reeds parlementêre vrae aan Helen Sauls-August, LUR vir gesondheid in die Oos-Kaap, gestuur om antwoorde oor die toedrag van sake in die laboratorium te kry.

Sy wil ook hê dat die LUR bekend moet maak wat die kwalifikasies van die bestuurders by dié fasiliteit is en watter maatreëls geld om te verseker dat die laboratorium te alle tye ten volle toegerus en funksioneel is.

Volgens Cowley verwag sy om binne die volgende tien tot 14 dae terugvoering te ontvang.

“Die LUR het die fasiliteit in Januarie besoek en het onmiddellike veranderings geëis om die stand van sake in die fasiliteit te verbeter,” Lwandile Sicwetsha, woordvoerder van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement, by navraag gesê.

“’n Span van hoofkantoor is ook na die fasiliteit gestuur om die situasie te verbeter.”

Wat die vermiste lyk betref, het hy gesê dat die saak nou in die hande van die polisie is.


______________________________
Free Medical-Aid, Hospital and Funeral Plan and Insurance Quotes at www.MedSure.co.za
______________________________

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.