Karen Ferreira is ‘n indrukwekkende sanger, hier is ‘n kort Bio van haar

Die publiek het vir Karen leer ken as die sprankelende voormalige Idols-vasbyter en Zing!-duetwenner. Karen Ferreira tréf met ‘n moderne album, met ‘n aantal eie komposisies!

Sy is veelsydig en haar genre is geskik vir enige geleentheid – troues, feeste, privaatfunksies en besige kuierplekke.

Die KKNK en haar energieke debuutalbum Altyd Joune (met die gewilde musiekvideo Kosie, saam met Robbie Wessels) in 2005, het Karen Ferreira se talent en gewildheid bevestig.


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!


Sy is veral trots daarop toe sy gevra is om die voorprogram vir die internasionale popgroep Westlife te doen tydens hul onlangse SA toer.

Op haar tweede album, Dans Met My, stel sy haar vaardigheid as sangeres én liedjieskrywer blink ten toon. Sy het met haar nuutste liedjie, Ek wil by jou wees ‘n sama-nominasie losgeslaan. Karen was betrokke by die skryfproses – van liriek tot melodie – van sewe van die liedjies op die album.

Die titelsnit Dans Met My wys waartoe Karen vokaalgewys in staat is.
Die snitte – Dis Verby Met My, Wil Jy My Ook Hê?, Vertel My, Die Een Vir My, Altyd Joune, Oh Baby Jy Laat Die Son Weer Skyn, Gee my ‘n bietjie, Ek Draai Jou, Ek Swaai Jou en Ek wil by jou wees is lekker dansnommers en vind aanklank by oud en jonk. Musiekvideos is alreeds gemaak van 4 van haar snitte. ‘n Aantal pragballades bied albumbalans, met die snitte No No Never, All I Want, Save The Best For Last en In My drome.


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!


Karen is destyds tydens die Idols-keuring die “comeback kid” gedoop toe sy teruggeroep is vir die Top 100. Sy’t haar pad moedig oopgeveg, maar moes in die sewende plek die aftog blaas. In 2004 het sy die Zing!-beoordelaars van haar talent oortuig en met haar sangmaat in die eerste plek geeindig. Sy het besluit om met dié wenstatus eerder ‘n solo-loopbaan aan te pak. Sedertdien het sy gegroei tot ‘n opwindende, volwasse sangeres.

Karen toer en sing heeltyds. Die afgelope Desembermaand (2009) was weer vir haar ‘n uiters suksesvolle toer vanaf Port Elizabeth tot Mosselbaai met ongeveer 15 optredes.

Sy is tans by Snyman Produksies (die gewilde Snyman-broers) en ook die gewilde Nic Stevens, besig met haar nuwe cd wat beloof om ‘n verrassing te wees vir almal wat ‘n Karen-aanhanger is.

Karen is ook gekies om vanjaar by die alombekende Huisgenoot Skouspel op te tree saam met van die land se voorste kunstenaars. Verder is sy en Viljoen Retief (ook een van SMP se kunstenaars) genader om een van Huisgenoot Tempo se liedjieskryfkompetisie liedjies te sing by die jaarlikse Tempo toekenings.

Loer hier onder na een van haar treffers:- Karen Ferreira – Tokkelos


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in GRATIS!


Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by tersia@v.co.za, en ek sal jou vertel hoe !!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.