Alternatiewe popgroep EON bereik groot sukses

In 2017 stig Altus Theart, Pieter Marcato en Jerry Spangenberg die Afrikaanse Alternatiewe popgroep EON en bereik hulle reeds groot sukses met hulle eerste treffer BITTERSOET wat tans op verskeie radiostasies op hoë rotasielyste is.

Die musiekvideo op YouTube bereik verrassende kykersgetalle en is ook te sien op verskeie Afrikaanse TV Kanale.

PIETER MARCATO is liedjieskrywer, sanger, lid en stigter van die groep Marcato, maar hy is ook saam met Altus en Jerry deel van EON. In 2013 het Pieter ook sy eie platemaatskappy as Legato Artists gestig wat nou al Marcato en EON se musiekbehoeftes hanteer.

JERRY SPANGENBERG gebore in Bloemfontein, maar dis op hul plaas in Kuruman waar hy sy liefde vir musiek ontwikkel het. Eers konsertina gespeel, toe klavier in sy tiener jare. Dromme het eers op hoërskool begin byt. Kitaar, sy groot liefde, het ironies laaste gekom want vandag is hy die kitaarspeler van EON. Jerry 4 jaar vir Mel Botes kitaar gespeel. Jerry word ook deel van Marcato tot einde 2014. Altus, Pieter en Jerry het op ‘n motorfiets uitog gegaan en besluit hulle wil saam musiek maak… daarna is EON gebore.

ALTUS THEART het sy diploma in drama in 2006 voltooi en was reeds deel van verskeie verhoogproduksies, onder andere, A Midsummer Night’s Dream en Grease. Altus het ook sy eie een man vetoning gedoen, “Hoe ‘n man se kop werk” waarmee hy getoer het by KKNK, Aardklop en Innibos. In 2011 was Altus ook te sien in Deon Opperman se musiekblyspel “Tree Aan”, asook “Lied van my Hart” saam met Steve Hofmeyr in 2012.

Altus is ook ‘n bekende gesig op kykNET as akteur en aanbieder. Hy was te sien in “Donkerland” en “Kruispad”. Hy vertolk ook die rol van “Fafa” in die baie bekende reeks “Getroud met Rugby”. Getroud Met Rugby – Die Onvertelde Storie fliek was vrygestel Maart 2011. Hy was ook te sien in die fliek Roepman. Ligjare is hul heel eerste volledige album, asook die naam van hul eerste enkensit. EON se optredes is energiek en luisterryk. Van ou bekende saamsing liedjies tot kraakvars nuwe treffers in die unieke EON-styl.

Loer hier onder na die manne se treffer musiekvideo:- EON – ‘Ligjare’. Kyk ook net na die video na hulle ander treffer:- EON – ‘Bittersoet’

EON – ‘Bittersoet’

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.